Loftus Marais
South Africa
Loftus Marais
With sensual word play and delightful perspective this award-winning Afrikaans poet, gives his witty take on what might seem an ordinary sight - a tree alongside a road, but one with such character that it triggers his fantastic imagination creating the gem of a poem!
The work of Paarl born poet and publicist, Loftus Marais is visual and ironic, rebelling against a t... More >
Op ‘n vlakte buite Malmesbury,
staan ‘n Bloekomboom soos Scarlet O’Hara teen ‘n bult ,
uitheemse Vivienne Lee ritsel in die bries haar hare,
die kontoere se hale vlei die focal point posisie
in die grootliks vertikale komposisie van die raam.
Agter haar drom donderwolke saam,
sy wag vir die swartland se flash photography,
vir die reen se applous,
vir die was van haar colour co-ordinated bas
en haar juweellose takke,
vir die afspoel van die mure in haar kieliebakke.